Die familie

Die familie
Die familie April 1993

Monday, July 16, 2012

2012 rit deur die sneeu

Ons het die oggend vroeg weggespring op Patensie en was 7:30 in Graaf Reinet. Die petrol joggie het gese mense ry nog Ouberg pas deur Murraysburg toe, so ons is toe daar in. Oppad op het ons sneeu op die berge begin sien.
Boop die pas het ons sneeu al nader aan die pad begin sien en later in die pad.
 Die kinders was so opgewonde dat ons gou gestop het by die eerste sneeu dat hulle kon voel hoe dit voel.

Die Berge voor het Spierwit gele, en hoe verder ons gery het hoe meer sneeu en ys was daar op die pad.

Voor staan daar n bakkie op die pad wat net nie kon verder.
Die ys het hier redelik dik op die pad begin le.
Die wereld was werklik wit
Ons het Nog verder opgery en nog swaarder sneeu gekry. teen die berge het die sneeu weer geval.
 Alta het n paar keer vasgesit dat ek haar moes gaan uit help.

 Mari het met die sneeu gespeel tot haar hande dit nie meer kon hou nie.

 Die laaste opdraende Myrraysburg toe was die teer heel bedek met ys.

 Ek eht on stadium gewonder hoekom hulle die paai so gou toemaak, want in Murraysburg was daar klaar versperrings oor die pad, maar as ek terugkyk dan besef ek dizs een ding om rustig deur te ry met n 4x4 en geen ander verkeer nie, en iets heel anders om n sting karre net op die pad op te te laat.
Die pad wat ons gery het was gesluit op 3 plekke, en ons was in 2 opsigte gelukkig om te kon deurkom, 1 dat ons nie gestop was nie, en 2 dat daar nie ander verkeer op die pad was nie.
 Net voor Victoria wes het die Sneey minder begin raak , en ons het vir oulaas sneeuballe gegooi,
 En vir "Sid" gebou