Die familie

Die familie
Die familie April 1993

Thursday, April 28, 2011

Klein Alta met kreef

Jors en Gesin was die naweek teen die weskus naby Groenrivier en het onder andere kreef geduik.
Alta was nie bang nie.

Tuesday, April 19, 2011

Sondag 17 April het die Kritzingers op n bergklimuitstappie gegaan.

SONDAG 17 APRIL HET DIE KRITZINGERS OP 'N BERGKLIMUITSTAPPIE GEGAAN.
Almal was reg aangetrek vir die geleentheid. Veral die dames in die groep.
Ane met haar pienk kleertjies en toebehore en Lize met die lemmetjiegroen
hemp wat die kinders laat wonder het. Sy het daarop besluit sodat die
helikopters haar moet raaksien as sy dalk verdwaal!
Ons het nie ver gestap nie toe soek almal na 'n stapstok. Charl het die
grootste stapstok probeer saamdra, en ons moes net mooi vra dat hy dit moet
langs die pad neersit en dat ons dit weer kan kom haal.
Die skaduwee kolle was die lekkerste en het ons appels uitgedeel en later
broodjies geƫet.
Philip se tekkies het hom egter gou blase geskaaf en het toe verder kaalvoet
geloop. Charl het toe ook net daar besluit dat dit 'n goeie plan is, en sy
skoene moes toe ook uit. Geen probleme verder met die skoene nie.
Toe kom die ergste styltes. Charl, wat nogal 'n stuk lood is moes toe gedra
word. Daniel en sy oupa wou nog verder stap, maar ons besluit toe maar om
almal om te draai, voor ons te hoog op is.
Ja, en soms is die afdraende mos moeiliker as opdraand. Daar is sulke klein
los klippertjies wat onder mense se tekkies rol en jou laat gly.

Wednesday, April 13, 2011

Oupa Charlie , Ouma Alta en kleinkinders

Junie 2010

Oupa Charlie op ry met sy kleinkinders op motorfiets rond.

Ouma Alta met Alta en Alita in tuin.

Alta en Alita speel lekker saam , soms .

Ou Kritzinger en Malanfotos

Hier is laaste foto van die Malans met al die kleinkinders, Asook die neefs
en niggies op Tierhok se stoeptrappies en die Kritzinger nefies Jaco, Erik,
Danie en Chris.
Ek dink ons lyk nog almal baie jonk en vol ideale.

Tuesday, April 12, 2011

Erik , n maand of 2 oud

Hier is Pa-Erik ook nog baie kklein seker 'n maand of twee oud. Pa en dogter
lyk nogal baie na mekaar.

Die "Groot ses"

Hierdie foto van die "groot ses" is geneem in 2009 tydens Loet se
verjaarsdag.

Mari, Alita en Alta

Hier is oulike fotos van Mari, Alta en Alita wat in Junie 2010. geneem is.
Dit is amper n jaar gelede

Daniela 10 dae oud

Hier is ‘n foto waar Daniela omtrent 10 dae oud is. Sy is nou al 2 maande en ‘n paar dae.

Friday, April 8, 2011

Daniel Malan, gebore 7 April 2011.

Daniel saam met sy ouma Rika.
Daniel is al 'n volle week oud!
Daniel by die huis na hy lekker gebad het.
Pa en seun oppad huistoe van die hospitaal af.
Daniel slaap so lekker!Kyk sy groot handjies.

Die Malle mila






Hallo almal en welkom. Eerstens dankie aan Jors dat hy die blog vir ons geskep het. Hier kan ons fotos en staaltjies deel van alledaagse gebeure!

Eerste op die lys - die malle Mila. Hier is al die fotos wat ek het van haar op my rekenaar. Hulle is einltik al bietjie oud, sulke klein babatjies groei mos vinnig. Bly ingeskakel vir meer. Oor en uit.