Hier is Daniela se doopfotos. Dit was Saterdag 7 Mei 2011, op Erik se
verjaarsdag.
Sy lyk net soos 'n prinsessie en sy was stroopsoet.
Die priester het haar met olie gesalf en met water gedoop. Op die ou end was
haar hare die ene toutjies.
Ons het 'n baie lekker dag gehad en heerlik saam gekuier met familie en
vriende.
Die familie
Die familie April 1993
Tuesday, May 10, 2011
Sunday, May 8, 2011
Thursday, April 28, 2011
Klein Alta met kreef
Jors en Gesin was die naweek teen die weskus naby Groenrivier en het onder andere kreef geduik.
Alta was nie bang nie.
Alta was nie bang nie.
Tuesday, April 19, 2011
Sondag 17 April het die Kritzingers op n bergklimuitstappie gegaan.
SONDAG 17 APRIL HET DIE KRITZINGERS OP 'N BERGKLIMUITSTAPPIE GEGAAN.
Almal was reg aangetrek vir die geleentheid. Veral die dames in die groep.
Ane met haar pienk kleertjies en toebehore en Lize met die lemmetjiegroen
hemp wat die kinders laat wonder het. Sy het daarop besluit sodat die
helikopters haar moet raaksien as sy dalk verdwaal!
Ons het nie ver gestap nie toe soek almal na 'n stapstok. Charl het die
grootste stapstok probeer saamdra, en ons moes net mooi vra dat hy dit moet
langs die pad neersit en dat ons dit weer kan kom haal.
Die skaduwee kolle was die lekkerste en het ons appels uitgedeel en later
broodjies geƫet.
Philip se tekkies het hom egter gou blase geskaaf en het toe verder kaalvoet
geloop. Charl het toe ook net daar besluit dat dit 'n goeie plan is, en sy
skoene moes toe ook uit. Geen probleme verder met die skoene nie.
Toe kom die ergste styltes. Charl, wat nogal 'n stuk lood is moes toe gedra
word. Daniel en sy oupa wou nog verder stap, maar ons besluit toe maar om
almal om te draai, voor ons te hoog op is.
Ja, en soms is die afdraende mos moeiliker as opdraand. Daar is sulke klein
los klippertjies wat onder mense se tekkies rol en jou laat gly.

Monday, April 18, 2011
Subscribe to:
Posts (Atom)

Hierdie is die hindernis baan by die Voortrekker laer op Stellenbosch. Die seuns het die hindernis baan oor en oor gedoen. Hulle was mal daaroor. In die agtergrond staan Johann.